Alize Van der Merwe se familie het volgens ‘n woordvoerder van die Valke, ‘n oproep van die ontvoerders ontvang het waarin hulle ‘n losprys geëis het. The Citizen berig die 39-jarige het na bewering Vrydagoggend vanaf Kaapstad na Oos-Londen gevlieg. Haar huurmotor, ’n wit Toyota Fortuner, is die aand verlate tussen Dumasi en die gewilde Port St Johns-oord gevind na sy Vrydagmiddag op die N2 van Oos-Londen na Umngazi-oord in Port St Johns aan die Wildekus gereis het. ‘n Saak van ontvoering word tans deur die valke ondersoek. Alhoewel die eis nie op hierdie stadium bekend gemaak kan word nie doen die valke ‘n beroep op die publiek wat moontlik inligting het wat die ondersoek kan help, om dadelik die polisie te kontak.
