Die kusstrook van Groenpunt reg rondom die skiereiland tot by Rooi-Els is weens onverwerkte rioolafval met chemikalieë besoedel. Die kusstrook beslaan 76 km. Volgens ‘n verklaring van die South African-Norway Co-operation on Ocean Research, of SAN-ocean, is chemikalieë soos pesdoders in die rioolwater gekry wat deur Kaapstad se aanlegte in die oseaan gestort is. SAN-Ocean het gesê dit is noodsaaklik dat die farmaseutiese bedryf bio-afbreekbare medisyne ontwikkel. Die meeste medisyne wat nie deur die menslike liggaam opgeneem word nie, beland in rioolafval-water, waarna dit in die see gestort word. Wanneer die chemikalieë in die see gestort word, beland dit in mense se kos, soos vis en ander seekos.
