Die atmosfeer in die Lourierpark-woongebied in Bloemfontein is vanoggend gespanne, en die situasie is uiters plofbaar. Dave McKay, Mangaung-metro-raadslid vir Wyk 18, sê voorts dat inwoners hier in vrees leef. Volgens hom word mense met verkragting en selfs met die dood gedreig deur sekere van die onwettige besetters wat hulle hier kom tuis maak het.

Waar daar teen Vrydag niemand in sig was op ‘n stuk munisipale grond aan Bloemfontein se suidekant nie, het dit slegs 48 uur geneem vir meer as 6 000 mense om hulle hier te kom vestig. ‘n Onberispelike bron het aan Rosestad-nuus gesê daar bestaan by hom geen twyfel dat hierdie aksie politieke magsvertoon is nie.

In beeldmateriaal op sosialemedia, kan gesien word hoe sekere mense in luukse voertuie opdaag, ‘n erf kies en dan met konstruksiewerk begin. Teen gistraand was meer as ‘n duisend informele woonstrukture reeds staande, en daar is selfs besetters wat baksteenhuise bou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×