Alle werksaamhede by Milites Dei Security Services by Witrivier is gestaak nadat 95 Libiese burgers hier in hegtenis geneem is. Senzo Mchunu, die minister van polisie, asook polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, het intussen die opleidingskamp in Mpumalanga besoek.

Mchunu sê dit kom voor of militêre opleiding gegee is onder die dekmantel van sekuriteitsopleiding. Rapport berig mense het glo onder meer spesiale fiksheidsopleiding gekry indien hulle by die Franse Vreemdelinge-legioen sou wou aansluit. ‘n Spesiale polisietaakspan het op die perseel toegeslaan, nadat daar toegang geweier is aan Psira, die reguleringsowerheid van Suid-Afrika se private sekuriteitsbedryf.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×