Die minister van verdediging, Thandi Modise, het vandag tydens ‘n nuuskonferensie gesê die toename in onwettige mynbou bedreig die land se nasionale sekuriteit en ernstige ingryping is nodig. Volgens Netwerk 24 het Modise gesê al hoe meer voorvalle van onwettige mynwerkers kom voor wat gemeenskappe afpers, geweldsmisdade pleeg soos moord en verkragtig, asook gasontploffings ondergronds veroorsaak wat infrastruktuur beskadig. Sy het gesê meer as 4-duisend verdagtes, waarvan die meeste buitelanders is, is in verband met onwettige mynbou-aktiwiteite in hegtenis geneem. Onder die verdagtes is 63 Suid-Afrikaners terwyl amper drie-duisend, burgers van Zimbabwe, Mosambiek, Lesotho, die Demokratiese Republiek van Kongo, Nigerië, Kenia, Pakistan en Uganda is. Modise het gesê daar is 6-duisend-100 verlate myne terwyl daar ook sowat een-duisend-170 mynopeninge is waarvan 518 in Gauteng.