Vier vermeende onwettige mynwerkers het hulle rieme styf geloop, toe die polisie in Noordwes, gedurende ‘n spesiale veldtog, op mynboutoerusting ter waarde van meer as R190 000 beslag gelê het.

Kolonel Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, sê die vier is in die Namaqua-distrik in hegtenis geneem, en dat die polisie se veldtog teen onwettige mynbou voortduur.

Ook in die Vrystaat, is onwettige mynbou ‘n reuse probleem. Minstens 106 mense, wie na bewering by onwettige mynbou betrokke is, tel onder 3144 verdagtes, wat in Desember, in verband met ‘ngroot verskeidenheid misdrywe in die Vrystaat vasgetrek is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×