‘n Hele gemeenskap onwettige myners het nou ontstaan by diamantkonsessie-gebiede soos Buffelsrivier, Bontekoe en Kleizee wat voorheen aan die De Beers myngroep behoort het. Volgens Netwerk 24 is daar tussen 2000 en 3000 mense by die onwettige mynbedrywighede betrokke. ‘n Klomp van die myners is die afgelope week tydens ‘n omvattende polisie-operasie in hegtenis geneem, daar is op voertuie beslag gelê en onwettige strukture is afgebreek, sê ‘n woordvoerder van Alexkor, die staatsbeheerde diamantmaatskappy. Die onwettige mynbou hou ‘n groot risiko vir die maatskappy in, het die parlement se portefeljekomitee oor openbare ondernmings gister gehoor. Daar was ‘n voorval die afgelope jaar waar soveel as tot ‘n duisend onwettige myners ‘n naburige myngebied bestorm het en die veiligheidswagte oorweldig het sodat hulle van die gruisklip kon steel waaruit diamante ontgin word.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×