Meer onwettige myners kom uit ‘n verlate skag in Klerksdorp nadat hul voorsiening van kos deur die Noordwes-polisiemag gestop is.

ENCA berig sommiges het glo al langer as ‘n jaar ondergrond was.

Byna 600 is reeds in hegtenis geneem.  Die Noordwes-polisiemag dwing ten minste ‘n verdere 225 onwettige myners om in Orkney uit die myn te kom.

Verskeie van hulle moes vandag in die hof verskyn.

Polisie en soldate monitor al die uitgangspunte wat na Orkney en Stilfontein strek.

Dit volg op ‘n Vala Mgodi-operasie wat hul voorsiening van kos gestop het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×