Altesaam 19 onwettige myners is in die Stilfontein-landdroshof skuldig bevind aan onwettige mynery en die oortreding van immigrasiewette.
Nuusflits berig die groep, bestaande uit 14 Lesotho-burgers en vyf Mosambiekers, is gevonnis tot twee jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar.
Daarbenewens is hulle elk ʼn boete van R6 000 of ses maande tronkstraf opgelê, ook opgeskort vir vyf jaar.
Die veroordeeldes is in November by die Margaret-skag in Stilfontein in hegtenis geneem tydens ‘n grootskaalse operasie.
Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone gaan die departement van binnelandse sake nou met hul deportasieprosesse voort.
Die polisie waarsku teen enige betrokkenheid by onwettige mynbou, aangesien streng optrede voortaan toegepas sal word.