Die hooggeregshof in Pretoria het beveel dat die reddingsoperasies onmiddellik by Skagte 10 en 11 van die Buffelsfontein-goudmyn in Stilfontein begin.
Volgens ENCA volg die beveel op ‘n dringende aansoek deur Zinzi Tom, wie se broer onder die honderde mynwerkers is wat sedert Julie verlede jaar ondergronds is. Dit maak die vrystelling van fondse wat nodig is om reddingspanne en toerusting te ontplooi moontlik.
Alhoewel dit onduidelik is wanneer bedrywighede sal begin, het mynreddingsdienste die hof verseker dat hulle gereed is om op te tree sodra betaling ontvang is.
Met die klem op die grondwetlike reg op lewe en waardigheid, het die regter ook opdrag gegee vir die ononderbroke aflewering van voedsel, water en mediese hulp aan die mynwerkers.
Reddingspogings sal na verwagting sonder verdere vertragings begin.