DIE VOLGENDE mag sensitiewe lesers onstel…

Onwettige mynwerkers in Stilfontein beweer hulle het van diegene wat ondergronds gesterf het, geëet. IOL berig dit is volgens ‘n brief wat op Oukersaand na die oppervlak gehys is.

Die brief beweer ook sommige van die mynwerkers het verdwyn nadat hulle probeer het om met skag 10 uit te gaan. Ná die brief het die Stilfontein Solidariteitskomitee saam met die Mining Affected Communities United in Action (MACUA) voedselvoorrade, insluitend water, na die onwettige mynwerkers geneem.

Intussen is ‘n onlangse dringende aansoek deur MACUA deur die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys. Die organisasie het ‘n bevel gevra wat die regering dwing om humanitêre hulp, insluitend medikasie, kos en water, aan onwettige mynwerkers wat steeds ondergronds is, te verskaf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×