Sosiale media is al van vroeg Saterdagoggend aan die gons nadat videos gesirkuleer is van honderde onwettige plakkershutte wat opgerig word op die Jagersfonteinpad oorkant die Bloemfonteinse woonbuurt Lourierpark.  Ooggetuies het ook bevestig dat honderde mense besig is om slote te grawe, na bewering vir die oprigting van ‘n informele nedersetting. Polisie-woordvoerder Luitenant Kolonel  Thabo Covane het aan Rosestad-nuus bevestig die polisie se eenheid vir publieke orde en ander rolspelers is tans op die toneel en besig om die onwettige plakkers te verwyder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×