Die Fichardtpark Buurtvereniging (FWA) in Bloemfontein, vra dat lede hulle help om onwettige rommelstrooiing stop te sit.

Volgs die FWA word baie geld spandeer om die onwettige stortings op te ruim, en voeg by dat die geld meer sinvol in van hul ander projekte gebruik kan word.

Die vereniging sê hulle glo nie dat dit FWA-lede is wat die rommel strooi nie en vra dus dat lede die skuldiges moet aanmeld sodat die gewoonte stop gesit kan word.

Indien iemand ‘n persoon of persone sien wat rommel op openbare ruimtes strooi, kan die sekuriteitsbestuur aan diens gekontak word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×