Die Bethlehem-polisie en Misdaadintelligensie het sowat R4,5 miljoen se onwettige sigarette in die Morelig-voorstede van Bethlehem ontdek.

Volgens ’n polisieverklaring volg dit nadat ’n bakkie, wat vermoedelik die sigarette uit die stoorplek vervoer het, gestop en deursoek is.

Die stoorplek is oopgemaak en 220 kaste sigarette is gekonfiskeer.

Ladybrand se SARS-doeane is ontbied en het die vrag in besit geneem.

Die sigarette sal verder ondersoek word, terwyl die verdagte in aanhouding bly.

’n Saak van besit van onwettige sigarette is geopen.

error: Inhoud is beskerm !!