Die onlangse skietery tussen die polisie en ‘n groep swaar gewapende verdagtes, skyn weer die kollig op SA se reuse onwettige vuurwapen-probleem. Die polisie het Sondagaand agt vermeende transitorowers in Khayelitsha doodgeskiet, en vyf ander is in hegtenis geneem.
Beslag is gelê op sewe AK-47’s, twee R-5’s, een R-4, twee pistole en ammunisie. Terwyl Allan Winde, premier van die Wes-Kaap die polisiediens prys vir die voorkoming van ‘n moontlike transitotrooftog, sien hy hierdie voorval ook as oproep tot dringende optrede teen onwettige vuurwapens.