Twee onwettige wateraansluitings is in Merino in die noordelike deel van Thaba Nchu, Bloemfontein, gevind en ontkoppel.

Luidens Vaal Sentraal Water het van hul werknemers die aansluitings gevind tot hulle ‘n pyplek by die grootmaattoevoer in Merino ondersoek het.

Vaal Sentraal Water sê die soektog na die lekkasie was deur die onlangse reën bemoeilik, maar nie net is die onwettige aansluitings ontkoppel nie, die lekkasie is ook opgespoor en herstel.

Die publiek word versoek om op die uitkyk te wees vir onwettige verbindings en enige vandalisme aan waterinfrastruktuur, aangesien dit volgens Vaal Sentraal Water watervoorsiening sal beïnvloed.

Verder word die publiek ook gevra om die ontwettige verbindings by die plaaslike owerhede te raporteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×