Opposisiepartye sê onwettige wateraansluitings sowel as groot waterlekkasies het tot die toenemende skuld by Vrystaatse munisipaliteite bygedra. Vyf munisipaliteite in die provinsie skuld Vaal Central Water sowat 10 miljard-rand volgens SABC News. Volgens Vaal Central Water plaas die skuld druk op hulle bedrywighede wat hul vermoë om die infrastruktuur in stand te hou en op te gradeer beïnvloed. Hulle hou vol dat al hoewel die skuld dienste in sommige gebiede beïnvloed, kwaliteit en betroubaarheid nog altyd deur die entiteit gehandhaaf word en dat hulle dienslewering prioritiseer.
