OOPWATER SWEM – Die Suid-Afrikaners Tory Earle en Samantha Randle sal gereed wees om mekaar die stryd aan te sê wanneer die bekende Midmar Myl eerskomende Sondag in Howick , Kwazulu Natal plaasvind.

Die 19-jarige Earle wat laasjaar 2de geëindig het en 24-jarige Randle wat aan haar 4de Midmar deelneem het erken dat daar strawwe kompetisie gaan wees maar slaggereed is om hul beste te lewer.

In die o.13 ouderdomgsgroep gaan die topgekeurde Amelia Vincent van Eunice ook Bloemfontein se naam hoog hou waar sy en die 2de gekeurde Jenna-Mae Lally sake in die oopwater gaan uitspook.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×