OOPWATER SWEM – Duisende swemmers gaan vandag op die Midmar Dam in Kwazulu-Natal toesak wat gepaardgaan met groot feesvieringe ter herdenking van die 50ste bestaansjaar van hierdiè uiters gewilde en ikoniese swemresies.
Veral een swemmer wat die ure aftel is die 2-malige Olimpiese kampioen Michele Weber. Sy het laasjaar se Midmar misgeloop aangsien sy gefokus het op haar voorbereiding om deur die Engelse Kanaal te swem wat sy ook in ’n rekord tyd deur ’n Suid-Afrikaanse vrou vermag het in ’n tyd van 10 ure en 21 minute.
Weber kan egter strawwe kompetisie te wagte wees van voormalige Olimpiese en huidige wêreldkampioen oor 10km – Sharon van Rouwendaal – waar diè Nederlander ook vir die 1ste keer in Suid-Afrika gaan deelneem.
Die Liefdadigheids Uitdaag-resies vind plaas op die eerste twee dae van die kompetisie waarna die hoof attraksies tussen 11 en 12 Februarie sal volg.