OOPWATERSWEM –  Die Suid-Afrikaanse oopwaterswem kampioene Stephanie Houtman en Connor Buck sal albei slaggereed wees om hul Midmar-myl-swemtitels volgende maand in Kwazulu Natal te verdedig.

Die 20-jarige Buck wat ook in 2022 onder die voorste 10 deelnemers op die Junior Wêreld-byeenkoms vir oopwaterswem geëindig het, het gesê dat hy baie geleer het sedert sy oorwinning verlede jaar. Veral aspekte soos waar hy homself in die pak posisioneer, diè pas waarteen hy swem asook sy lyn-van-sig het baie verbeter en is hy ook slaggereed om weer sy titel huistoe te bring.

In die dames afdeling het Houtman ook verlede jaar eers ook op die laaste oomblik besluit om aan diè swemmyl deel te neem maar diè 20-jarige is ook oorgehaal om dit titel nommer 2 te maak.

Sy kan egter strawwe kompetisie te wagte wees van die Nederlander Sharon van Rouwendaal wat die wêreldkampioen oor 10km is terwyl die Britse kombinasie van Ashley Hogg en Bailey Hairsine ook aanspraak op diè gesogte titel gaan maak.

Die Midmar-myl vind vanjaar vir die 50ste keer tussen 9 en 12 Februarie op die Midmar-dam naby Pietermaritzburg plaas.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×