Ooreenkomste vir huur met die oog om te koop wat die staat met boere gesluit het moet nagekom word

 Ooreenkomste vir huur met die oog om te koop wat die staat met boere gesluit het moet nagekom word

Die DA het ‘n beroep gedoen op die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, om ooreenkomste vir huur met die oog om te koop, na te kom wat die staat met boere gesluit het.

Die party sê die regering se wanordelike grondhervormingsplan laat boere sedert 1994 aan die kortste ent trek.

Volgens die DA is dié ooreenkomste met minstens ses boere nie nagekom nie.

Die grond is bekom ingevolge die regering se program vir die herverdeling van landbougrond.

Volgens dié program sou die grond aan voorheen benadeelde burgers oorgedra word wat die huur-om-te-koop ooreenkomste gesluit het.

LeandreAdmin@