Die Midde-Ooste het Sondag op die rand van ‘n openlike oorlog tussen die aartsvyande, Iran en Israel gehuiwer na ‘n massiewe hommeltuig-en missielaanval oornag vanuit Iran.  Iran het intussen gewaarsku hy sal Israel met groter krag aanval indien Israel of Amerika wraak neem. Iran het Amerika direk gewaarsku dat enige steun aan Israel, aanvalle op Amerikaanse basisse tot gevolg sal hê.

Reuters berig wêreldmoondhede en Arabiese nasies het oproepe om selfbeheersing gedoen om die uitbreiding van die huidige konflik in die streek te vermy. Leiers van die G7-lande het die aanval veroordeel en gesê hulle sal stappe neem om ‘n onbeheerbare streek-eskalasie te voorkom. Pres Joe Biden het die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu gewaarsku dat Amerika nie aan ‘n teenoffensief sal deelneem nie. Brittanje en Frankryk het sy steun aan Israel toegesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×