Volgens die Palestynse militantegroep, Hamas, is meer as 25 000 mense in Palestyns-Gasa dood, sedert Hamas se 7 Oktober-aanval op Israel.
Internasionale media berig die oorgrote meerderheid van die slagoffers, was vroue en kinders.
Die Israeliese weermag het vroeër vandeesmaand gesê, Hamas-magte in die noorde van die strook is feitlik lam gelê.
Nietemin, sê ooggetuies dat Gasastad, asook sekere dele in die noorde, gister swaar deur Israeliese magte aangeval is.
Chan Joenis, hoofstad van die suide, het ook die afgelope naweek onder aanvalle deurgeloop.