Die oorsaak van gister se lugvaartramp, wat vyf lewens by die Haneda-lughawe in Tokio geëis het, word nou deur die Japannese luvaartowerheid ondersoek.
Die kuswag-vliegtuig, wat met sy landing in vlamme gehul was, het mense hierheen gebring om bystand te lewer, nadat ‘n massiewe aardbewing Japan op Nuwejaarsdag geruk het.
Vyf van die ses insittendes is oorlede. Die kleiner vliegtuig het met ‘n Airbus, wat op die baanblad gestaan het, gebots.
Al 379 passasiers wat ten tyde van die botsing in die Japan Airlines Airbus was, is suksesvol uit die vliegtuig ontruim.