Suid-Afrikaners wat geëmigreer het, het oorwegend in ‘n meningspeiling aangedui dat hulle graag wil stem sodat ‘n beter regering verkies kan word. Volgens Maroela Media het meer as 55% respondente gesê hulle wil stem om die land ‘n beter plek te maak. Een-en-dertig persent het gesê hulle wil stem ter wille van die land en die mense wat nog hier woon. Ses-en-twintig persent het gesê hulle wil stem met die hoop dat die politieke omstandighede kan verander en hulle kan terugkeer. Veertien persent respondente het gesê hulle gaan nie stem nie omdat dit nie ‘n verskil gaan maak nie. Negentien persent wil ook nie stem nie want hulle gee nie om wat in die land gebeur nie. Tien persent mense het gesê dit is te veel moeite om ‘n spesiale stem uit te bring. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×