Die 45 slagoffers van ‘n grusame busongeluk oor die Paasnaweek, se oorskot word vandag na hulle tuisland gerepatrieer. Al die oorledenes is was boorlinge van Botswana. Die ongeluk het in Limpopo plaasgevind, terwtl die groep onderweg na die Paasfees-pelgrimsaamtrek by Moria was.
Die bus het die pad op die Mmamatlakala-brug verlaat, voordat dit aan die brand geslaan het. ‘n Agt-jarige meisie, wie ernstige beserings opgedoen het, is die enigste oorlewende.
Hoewel die finale ondersoek nog nie afgehandel is nie, word die toestand van die brug, asook die padwaardigheid van die bus, uitgesluit as mootlike redes vir die rampspoedige ongeluk.