Minstens 4 000 mense is dakloos gelaat, en nagenoeg 1 000 huise is verwoes nadat hewige reën die naweek oorstromings in die Wes-Kaap veroorsaak het. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens se vlak 8-waarskuwing vir die Wes-Kaap geld steeds, en behels sterk wind, asook swaar reën wat tot oorstromings kan lei.
Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, doen ‘n beroep op inwoners om te alle tye gehoor te gee aan instruksies van noodwerkers. Luidens ‘n verklaring vra Winde mense moet hulle daarvan weerhou om valsnuus oor die noodsituasie op sosialemedia te versprei. Dit veroorsaak groot verwarring, en kan selfs nood-en-reddingsdienste se werk in die wiele ry.
.
Volgens die weerdiens sal yskoue weerstoestande, wat bykans die hele land in sy greep het, nog die volgende paar dae voortduur.