Drie brandbestryders van Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap gaan Suid-Afrika hierdie Saterdag by die Wêreldbrandbestryderspele in Denemarke verteenwoordig.
Die groep wat uit twee broers, Alton en Riaan Senekal en Roland Jerling bestaan, sal tydens die weeklange kompetisie teen sesduisend brandbestryders van regoor die wêreld en aan meer as 50 byeenkomste deelneem.
Burgemeester Gary van Niekerk sê hy is vol vertroue dat hulle Suid-Afrika trots sal maak.