‘n Groep van sowat 70 mense het vanoggend vreedsaam uit die besette grondgebied in die suide van Bloemfontein gestap.
Rosestad-nuus berig vanaf die toneel dat hulle op ‘n straathoek naby aan die Windmill Casino tot stillstand gekom het, waar hulle gesing en gejuig het, en vluitjies geblaas het. Teen sowat 10:00 het die Openbare Orde Polisie na die groep gery en hulle uiteen gejaag.
Die atmosfeer blyk nie gespanne te wees nie.
Reaksiemagte van die Suid-Afrikaanse polisiediens, wat ook die eenheid vir openbare orde insluit, is in groot getalle in die Lourierpark-omgewing in Bloemfontein teenwoordig. Die opdrag aan die polisie is om met geen verdraagsaamheid nie, teen onwettige grondbesetters op te tree.
Taakspanne word vanuit die lug deur ‘n helikopter bygestaan, om brandpunte van moontlike konfliksituasies uit te wys.
1 Comment
Comments are closed.