Openbare vakansiedae kos die land se ekonomie miljarde rand per jaar.
President Cyril Ramaphosa se vroeëre informele belofte dat hy aan Suid-Afrikaners ‘n ekstra vakansiedag sal toestaan indien die Bokke die 2023 Rugby Wêreldbeker wen, het die land aan diegons.
Dawie Roodt, hoof-ekonoom van die Efficient-groep, reken hoewel so ‘n “spesiale vakansiedag-toegewing” van twee kante beskou kan word, moet daar steeds genoeg vooraf-waarskuwing hieroor wees, sodat sakeondernemings die nodige reëlings kan tref.
Ramaphosa spreek die nasie vanaand om agtuur toe.