Die twee susters, Janné en Lize-Mari Smith en hul buurman Hendrik Steyn van die Verkeerdevlei-omgewing in die Vrystaat het gister weer vlugtig in die Brandfort landdroshof verskyn. Hulle is einde Julie in hegtenis geneem nadat hulle vermeende veediewe vasgetrek het. Die drie word van poging tot moord, ontvoering, roof, crimen injuria, aanranding, aanranding met die doel om ernstig te beseer en regsverydeling aangekla. Hulle sal op 13 November weer in die hof verskyn nadat die saak vir ʼn beslissing deur die direkteur van openbare vervolging uitgestel is. Die drie se regsverteenwoordiger, Jaco Dempsey, sê die direkteur moet beslis of hulle aangekla gaan word, en indien wel, op presies watter aanklagte.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×