Die Mangaung Metro Munisipaliteit het saam met verskeie organisasies ’n operasie by die Noordelike stortingsterrein, naby Northridge Mall uitgevoer.

Volgens ’n plasing op die munisipaliteit se Facebook-blad was die Suid-Afrikaanse Polisiediens, AfriForum, Wild Olive, die Gemeenskapspolisieforum en MMM-wetstoepassing Donderdag deel van die span.

Die aksie volg ná protesoptredes deur inwoners oor misdaad, onwettige storting en strukture op die terrein.

Die doel van die operasie was om onwettige rommelversamelaars te verwyder en hutte wat op die terrein opgerig is, te sloop.

error: Inhoud is beskerm !!