Die polisie in die Vrystaat het die afgelope naweek meer as 1100 verdagtes in hegtenis geneem vir verskeie oortredings as deel van Operasie Shanela. Die woordvoerder van die polisie, Sersant Peter Kareli, het in ‘n verklring gesê die verdagtes wat vasgetrek is sluit in 77 vir dwelmverwante misdaad, 30 vir skade aan eiendom en 24 vir huisbraak. Gedurende die operasies is ook beslag gelê op dwelms soos mandrax, nyaope, kokaine en dagga. Een geweer en agt hand-vuurwapens is ook gekonfiskeer.  Vyf verdagtes is gearresteer vir die onwettige besit van vuurwapens. Kareli het gesê kontak misdade is een van die algemeenste misdaad in die provinsie en daarom is stop punte daargestel waar mense deursoek is. Hieruit is 59 verdagtes gearresteer vir die besit van gevaarlike wapens en 74 mense sonder identifikasie dokumente. Een-en-sestig mense is gearresteer vir bestuur onder die invloed van alkohol.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×