Operasie Vala Umgodi gaan onverpoosd in die Vrystaat voort – om hoë polisiesigbaarheid by myne te verseker.

Volgens Kaptein Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, is daar vanaf 5 Augustus reeds 66 verdagtes verwyder uit die strate van Vrystaatse dorpe; die Kopanang-myn;  ‘n Beatrix-mynskag en uit snoepwinkels en supermarkte.

Hulle is vir die besit van koperkabels en vermoedelike gesteelde eiendom; die besit van dwelms soos crystal meth, kokaien en dagga; en die obstruksie van die gereg in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal in die volgende landdroshowe verskyn: Viljoenskroon, Odendaalsrus, Ventersburg, Welkom, Theunissen en Bultfontein.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×