Altesame 51 renosterhorings is Maandagoggend uit ‘n kluis van die Noordwes-parkeraad se hoofkantoor in Mafikeng gesteel. Maroela Media berig die diewe het veiligheidswagte ontduik,  en die kluissleutels in die hande gekry om die opgegaarde renosterhorings te buit. Polisiewoordvoerder, Brigadier Sabata Mokgwabone, het gesê ‘n saak van diefstal is geopen en word deur die Valke ondersoek. Die DA se woordvoerder oor bosbou, visserye en die omgewing, Dave Bryant, het gesê dit is moeilik om te glo dat die misdaag gepleeg kon word sonder die inligting en hulp van diegene in die kantoor. Die alarmstelsel was glo afgeskakel en die veiligheidskameras in die gang is verwyder. Bryant het gesê dit is skokkend dat die polisie eers agt uur na die voorval by die toneel opgedaag het. Van die 51 renosterhorings was 14 van vrylopende diere terwyl die res van onthoringsoperasies afkomstig is. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×