Die opskorting van gereelde beurtkrag in Suid-Afrika kan lei tot ‘n opwaartse hersiening van ekonomiese groeivoorspellings en help in die stryd teen inflasie volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank.
Suid-Afrika het die naweek 155 dae van volgehoue elektrisiteitsvoorsiening aangeteken, wat ‘n einde gebring het aan rekordbeurtkrag wat ekonomiese groei gekrimp het en besighede gedwing het om pryse te verhoog om die koste van noodkrag te dek.
Die adjunk-goewerneur van die Reserwebank, Rashad Cassim, sê gegewe die feit dat beurtkrag, of die gebrek daaraan ná die verkiesing, ‘n opwaartse hersiening van die voorspelling kan meebring, sal dit baie goed vir die ekonomie wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×