Opgesnyde vrugte en groente wat alreeds baie duur is, gaan binnekort nog duurder wees wanneer 15% BTW by die koopprys gelas word. Netwerk 24 berig ‘n nota in die begrotingsoorsig maak dit duidelik die regering het nooit bedoel dat opgesnyde vrugte en groente van BTW vygestel word nie.
Die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde gaan nou gewysig word om dit duidelik te maak dat die nul-BTW-aanslag nie van toepassing is op vooraf gesnyde of voorbereide groente en vrugte nie. Die winkels sal dan verplig wees om die prys aanpassing te doen. Dit beteken verbruikers wat ‘n 1 kg pak verwerkte botterskorsie koop, gaan nou ses-rand meer betaal. Huishoudings betaal reeds dubbeld meer vir die gerief van opgesnyde botterskorsies.
Kossoorte waarop geen BTW gehef word nie, sluit in bruinbrood, mieliemeel, stampmielies, gedroogte bone en lensies, melkpoeier, rys, groente, vrugte, melk, eiers, kookolie en bruin koringmeel.