Die Britse regisseur Jonathan Glazer het in sy toespraak by die Oscar-seremonie gefokus op die oorlog tussen Israel en Hamas in Gaza.

Glazer se rolprent oor Auschwitz en die Joodse volksmoord, The Zone of Interest, is as beste internasionale rolprent bekroon. Oppenheimer was die groot wenner van die aand en het sewe toekennings ontvang, insluitend beste rolprent en beste regisseur vir Christopher Nolan.

Cillian Murphy is ook bekroon vir beste akteur en Robert Downey Jr vir beste byspeler vir hulle rolle in Oppenheimer. Emma Stone het die toekenning vir beste aktriste ontvang vir haar rol in Poor Things.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×