Die provinsiale rede Vrydagoggend deur die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, het min hoop vir Vrystaat-inwoners gebring.

Bloemnuus berig die geleentheid was by Lemo Green Park in Heidedal gehou.

Vryheidsfront Plus-provinsiale wetgewerlid, Armand Cloete, het die geleentheid as ’n mors van tyd en belastinggeld bestempel.

Die DA-leier in die Vrystaat, Roy Jankielsohn, voel die premier se fokus was om optimisties voor te kom, sonder duidelike aksieplanne vir die provinsie se probleme.

Die premier het onder andere genoem dat meer as 1 200 gesondheidswerkers die afgelope jaar aangestel is en dat die Vrystaat 1,1 miljoen mense het wat van maatskaplike toelaes afhanklik is, maar dat daar reeds planne in plek is om dit te verbeter.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×