Die leier van die DA in die Vrystaat, Roy Jankielsohn, sê inwoners in die Vrystaat verduur van die ergste menseregte-skendings in die land vanweë swak dienslewering, ‘n gebrek aan water en werkloosheid.

Jankielsohn het in ‘n verklaring gesê die party hou rekord van al die klagtes wat by die Menseregte Kommissie ingedien is waarvan die meeste verband hou met water en sanitasie asook gesondheidsorg. Jankielsohn het beklemtoon dat die gebrek aan water in die Vrystaat alle gemeenskappe raak en ekonomiese groei stuit. Die gebrek aan veilige water druis nie net in teen die Grondwet nie, maar is ook ‘n bedreiging vir ‘n demokratiese land.

Die VF Plus LP, Wouter Wessels, sê die ANC vertrap menseregte in die land en dat die waterkrisis erger as die kragkrisis gaan wees. Geld wat aangewend moet word vir die instandhouding van water-infrastruktuur, word in munisipaliteite geplunder en beland in kaders se sakke.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×