Opposisie-LP’s het gister uit die parlement se Basiese Onderwyskomitee gestap uit protes oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela).
Die LP’s was onsteld omdat die komitee blykbaar duisende openbare voorleggings geïgnoreer het.
Die verslag toon dat die parlement 17 000 voorleggings per e-pos oor die wetsontwerp ontvang het, maar slegs 7000 is ontleed.