Opposisie partye wat verlede week se koalisie-dialoog onder voorsitterskap van adjunk pres Paul Mashatile bygewoon het, is bekommerd dat ‘n nuwe wetsontwerp oor koalisies ‘n vooropgestelde uitkoms gaan hê om die ANC se belange te beskerm. Daarom wil die DA, IVP, VF Plus, ActionSA, UIM en SNP die elemente van kommer wat uit die dialoog voortgespruit het, verder op hul nasionale konvensie oor ‘n verkiesingspakt bespreek, berig Netwerk 24. Parks Tau, adjunk minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het gesê daar is niks sinister aan die wetsontwerp nie. Deur die wetsontwerp sal die Wet op munisipale strukture gewysig word om koalisie regerings te kan hanteer. Die opposisiepartye het in ‘n verklaring gesê daar is nie geloofwaardigheid aan ‘n vooropgestelde uitkoms deur ANC-amptenare wat vir die laaste dae van hul meerderheid bloot die party se eie belange wil beskerm nie.    

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×