Opposisiepartye is ontevrede met hierdie naweek se fase 6-beurtkrag. Die leier van Action SA, Herman Mashaba, het gesê die instel van fase 6-beurtkrag skaars ‘n week na die eerste registrasie naweek vir volgende jaar se verkiesing bewys dat Suid-Afrikaners nie die regerende ANC se beloftes kan glo nie. Hy het gesê dit is duidelik dat die regering nie die energiekrisis sal kan oplos nie. Beide die DA en die party Rise Mzanzi stem saam en het ook gesê dié stap kom nie juis as ʼn verrassing nie. Die DA het gesê dit beteken die ANC se aksieplan vir energie om die ergste beurtkrag te keer, het misluk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×