Die Onteieningswet wat deur die Nasionale Vergadering, of NV, aanvaar is, is ‘n desperate poging van die ANC om sy vryvallende kiesersteun voor die verkiesing te probeer stuit.
Netwerk 24 berig opposisiepartye het so reageer kort nadat die omstrede wet gisteraand met ‘n meerderheid van 205 stemme in die parlement aanvaar is. Die DA, EFF, IVP, VF Plus en die ACDP het die wet verwerp. Dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het dit duidelik gemaak dat sy party nou gaan begin met regsaksie om die wet tot in die konstitusionele hof teen te staan.
Groenewald sê die wet voorspel rampspoed vir Suid-Afrika en dat die ekonomie vernietig sal word indien beleggers nie sekerheid het oor eiendomsreg nie.