Die Vryheidsfront Plus LP, Corné Mulder, het in reaksie op die ANC se erkenning dat hulle in die parlement oor die Nkandla-brandpoel gelieg het om oudpres Jacob Zuma te beskerm, gesê hulle is tot nog leuens instaat om hul doelwitte te bereik en hul sin te kry. Mulder was destyds lid van die parlementêre ad hoc-komitee oor Nkandla en het geweet die ANC vertel leuens. Dr Ntsikelo Breakfast, politieke ontleder, meen Fikile Mbalula se erkenning dat Zuma beskerm is, is waarskynlik gedoen om hom by te kom vir sy ondersteuning aan die MK-party, maar dit het geboemerang. Volgens Breakfast is die ANC nie ernstig om iets aan korrupsie te doen nie. Dit kan die ANC seermaak by die stembus want mense is reeds kwaad oor beurtkrag, werkloosheid en dienslewering. Die DA-LP, adv Glynnis Breutenbach, het gesê dit is ‘n oortreding om in die parlement leuens te vertel. Mmusi Maimane, leier van die Build One South Africa, het gesê die ANC sal altyd sy meerderheid gebruik om sy leiers te beskerm. Nkandla en Phala Phala het die ANC ‘n lisensie gegee om te steel en te lieg.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×