Die Vrystaatse provinsiale rede wat vroeër die week in Bloemfontein deur die nuutverkose premier, Mxolisi Dukwana gelewer is, bied volgens opposisiepartye bykans geen oplossings vir kritieke kwessies in die gemeenskap nie.

Dukwana het skynbaar nie gesê hoe hy die skade wat deur beurtkrag aan die ekonomie, die gemeenskap en landbou aangerig word, gaan aanspreek nie.

Daar was ook geen kommentaar oor die beweging na onafhanklikheid van Eskom se kragtoevoer nie.

Die Vryheidsfront Plus se Armand Cloete het gesê aandag moet gegee word aan die gehalte van dienslewering, oudituitkomste en onbefondsde begrotings.

Intussen waarsku boere dat die voortslepende energiekrisis tot voedseltekorte in die land kan lei.

Die landbousektor word swaar deur beurtkrag getref.

Kragonderbrekings beïnvloed boere se vermoë om hul produkte te produseer en te berg.

Boere het gevra vir dringende ingrypings voordat die situasie vererger.

Landbou is die derde grootste rolspeler met betrekking tot Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×