Opposisiepartye in die Parlement hou vol met die druk op president Cyril Ramaphosa om verantwoording te doen oor die diefstal by sy Phala Phala-wildsplaas. Die VF Plus het gister die strafregkundige doktor Llewelyn Curlewis voorgestel om deel te wees van ʼn onafhanklike paneel oor die kwessie. Die paneel moet besluit of daar genoeg bewyse teen die president is om hom in ʼn staat van beskuldiging te plaas. Nege ander partye het intussen hul tweede vergadering oor moontlik optrede teen die president gehou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×