Die onlangse vinnige salarisverhogings en aanstellings van Mangaung Metro Departementshoofde (HOD’s) is deur opposisiepartye in die raad as onreëlmatig en onwettig beskou.

SABC News berig dat in ‘n tydperk van ses maande sedert die aanstellings van die departementshoofde, is hul salarisse insluitend die een van die stadsbestuurder, Sello More, buitensporig verhoog.

Dit, ten spyte daarvan dat Mangaung voorheen onder administrasie was weens onder meer swak administrasiebestuur en wanbestuur van fondse. Sommige politieke partye, insluitend die Demokratiese Alliansie (DA), het die Openbare Beskermer se kantoor versoek om hierdie verwikkelinge te ondersoek.

Die Mangaung Metro betwis alle bewerings en noem dat prosesse dienooreenkomstig gedoen is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×