Die VF Plus-hoofsweep, doktor Corné Mulder, het gesê dat opposisiepartye ʼn middeweg sal moet vind vir die DA se koalisie-pakt om te slaag met volgende jaar se algemene verkiesing. Mulder was gister deel van ʼn State of the Nation-ontbyt in Sandton in Gauteng waar die toekoms van veral koalisies onder die vergrootglas was. Hy het gesê geeneen in ʼn koalisie sal alles kry waarop hulle aandring nie. Hy waarsku dat opposisiepartye nie die ANC moet onderskat nie aangesien die party nie maklik sy mag gaan prysgee nie. Daarom moet die opposisie keer dat ʼn gekibbel die ANC aan bewind hou. Mulder sê Suid-Afrika kan nie nog vyf jaar van ʼn ANC regering oorleef nie. Intussen het President Cyril Ramaphosa Maandag aan Netwerk 24 gesê die vermindering van armoede deur toelaes en die feit dat 90% Suid-Afrikaners toegang tot water en elektrisiteit het, sal die ANC weer volgende jaar by die stembus laat seëvier.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×