Opposisiepartye se walgooi teen die Mangaung-metro se 2022-23-begroting het Vrydag geen vrugte afgewerp nie, met die gevolg dat inwoners hier erg gaan deurloop  wanneer tariefverhogings oor ongeveer drie weke van nou af ‘n werklikheid word. Watertariewe styg met amper 8%, terwyl die grootste enkele skok waarskynlik die elektrisiteitstyging van 10,3% is. Erfbelasting vir huisbewoners styg met nagenoeg 6%, maar sakeondernemings sal effens minder erfbelasting betaal. Die omstrede begroting is op Vrydag se vergadering met 45 stemme teenoor 37 stemme aanvaar. Die verhogings word op Vrydag 1 Julie van krag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×